Om God Persoonlik Te Ken [Read the Four Spiritual Laws in Your Language ] Hier is 'n verduideliking van hoe u God persoonlik kan leer ken. Dis nie die enigste manier nie, maar beslis een van die beste verduidelikings omdat dit uit die Bybel kom. PUNT EEN: GOD HET U LIEF EN HET U GESKAPE OM 'n PERSOONLIKE VERHOUDING MET HOM TE HE. God het u lief "God het die wêreld so lief gehad dat Hy Sy enigste Seun gegee het, sodat die wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal he." (Johannes 3:16) (Lees die aangehaalde gedeeltes in u eie Bybel indien moontlik om die hele konteks te kry. Ons maak hier gebruik van die nuwe Afrikaanse vertaling.) God will graag hê dat u Hom persoonlik moet ken. Jesus het gesê: "Ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed." (Johannes 10:10b) "En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is" (Johannes 17:3) Waarom het die meeste mense nie so 'n verhouding met die Here nie? PUNT TWEE: DIE MENS IS SONDIG EN SKULDIG VOOR GOD, GOD IS HEILIG EN REGVERDIG. DIE VERHOUDING TUSSEN DIE HERE EN DIE MENS ISVERBREEK DEUR DIE MENS SE EIE HARDNEKKIGE EIEWILLIGHEID EN SO IS HULLE VAN MEKAAR GESKEI. Wat is sonde? "God het ons geskape om Hom lief te hè maar ons het ons eie pad gevoig. Ons wys dit deurdat ons dinge op ons eie wil doen sonder die Here. Hierdie houding word in die Bybel sonde genoem."