NIE OMDAT EK WOU NIE deur Erika Ochse Wou, wou ek nie, maar moes, moes ek. Dit het so begin: "Kom", sê my man, "klim in die kar. Ek moet Pieter toetsterrein toe vat vir 'n afspraak vir sy leerling-lisensie. Ons maak sommer vir jou ook een." "Vir my? Jy's laf. Ek gaan nie!" "Komaan!" 'n Uur later is ek ook ge-oogtoets, vorm-ingevul en ge-skeduleer om die leerlingtoets oor twee weke af te lê. Die leerlinglisensie is niks. Dis vir daarna, die be-stuurstoets waarvoor ek sidder. (Watter een van die drie voetpedale is nou eintlik die 'petrol' of 'clutch', en veral, watter een die BRIEK?) Kyk net na my man, sy hand en voet bestuur soos een ledemaat. Dis genoeg om my te laat vermurwe voor my eie onbeholpenheid, want ek het die heel laas-te krummels van meganiese aanleg ont-vang. Wel, selfs vir iemand sonder die nodige aanleg en selfver-troue, klink 18 maande darem na 'n redelike kans (danksy die Verkeersafdeling se oorvol skedules en perso-neeltekort, of dalk 'n nugter amptenaar wat weet dat nié almal daarheen kom omdat hulle wil nie, maar te heng met vermoë, omdat hulle doodeenvou-dig moet!) Maar juis op die vooraand van D-dag, wanneer ek weer soos tydens my studentedae in 'n klasbankie sal sit om toets te skryf, moet my man griep en daarmee saam stywe-lyf kry. Sal ek asse-blief dokter toe be-stuur? "Kyk", sê ek "ons sal eerder verongeluk met my agter die wiel as wat jy van jou siekte sal doodgaan." Hy klim agter die wiel in. "Eina!" Elke pedaaltrap is 'n marteling. "Bid!" skree hy. Ek bid. Na elke "eina", "amen" ek gou om na hom te loer. Die rit dokter toe voel soos 'n reis na Mars- ligjare! Gespuit en gevoorskrif, kom ons darem met minder "einas" van die bestuurder se kant by die huis. Vir die eerste keer besef ek dis maar goed dat die wiele vir my rybewys môre begin rol. In krisistye kan 'n tweede be-stuurder 'n uitkoms wees. Inderhaas tref ek ander reëlings om môre by die toetsterrein te kom. Ek wou nog die handleiding vir leerlingbestuurders met sy pyle en padtekens buite-op deurkyk, maar is na dese te gaar daarvoor. More eine-deine-du ek tussen die antwoordkeuses en hoop dit tref. Genadiglik hét dit. Nou lê die moeilikste voor, maar ek het 18 maande tyd om daaroor te bekommer. Net toe my man weer op die been is, neem ek die hef in die hand. "Jy wou gehad het ek moet leer bestuur, nou wil ek geen oefenkans laat glip nie. Kom ons gaan ry", en ek vat solank die sleutels op die tafel. Vir die eerste keer klim ek bewerig aan die bestuurs-kant in. Ek sit my een voet op die 'clutch' en die ander een op die 'petrol' soos ek beduie word en ska-kel in eerste rat, ook soos ek beduie word. Brrr brrr! pfff! Eers brul die kar asof hy die koning van die oer---woud uitdaag en dan vrek hy! My dapper man keer vir sy kop teen die voor-ruit. "Nie so vinnig los nie! Stadig nou!" Ek probeer weer. Uiteindelik! Rukkerig, maar daar gaan ons. Dit voel glad nie te onaardig nie. "Onthou nou, jy verminder spoed en skakel terug in eerste rat voordat jy by die hek indraai", sê my man-instrukteur toe ons ver bo om die hoek 'n onbedoelde windmaker es op net twee wiele vat en hy sy ingehoue asem uitblaas. Toe, by die hek...Ek staan so mooi reg net vir inry... maar ek moes die wiel te veel na regs ge-draai het-die regtervoorlig en 'n hele paneel van die be-tonheining in hulle peetjie! Die bure storm by hulle voor--deur uit en ek storm by ons voordeur in! "Ek wou nie leer nie! Ons nuwe kar! Ons enigste ryding!" Jy moet eintlik my man jammer kry. Hy kon nie weet dat ek my voor-waarde van dan-mag-jy-niks-sê-as-ek-ooit-die-kar-stamp-nie so gou sou nodig kry nie. Hy slaag 100 %. Die kar is agt maande oud en geen woord van verwyt nie. Dis ek wat dop-agter die stuurwiel. In elk geval besluit ek dat ek nie meer 'n 'leerling' het nie. Hy kan verval. Ek vergeet net van hom en hoop my man sal ook. Hy het wel, maar die noodlot het nie. 'n Rugoperasie immobiliseer hom (ek bedoel ons) vir twee maan-de. Daar is nie eers 'n kafee vir brood of melk stap-afstand van ons huis nie. Over-geset-synde, ek word 'n gereël-de buspassasier. Die familie ontferm hulle toe die kruideniersware gekoop moet word en die hond met bosluiskoors by die veearts moet kom. Die aand van 23 Desember het ons 'n familiebyeen-koms. Darie rompie op uitverkoping is net wat ek vir die geleentheid wil hê. Op die bus winkel toe. Ek doen die kopie en haas my terug busstop toe. Wat!? Dis mos die bus na ons woonbuurt wat daar oor-kant stop. Ek kan Kerk-straat onmoontlik betyds oor-steek. Die volgende bus kom eers oor 'n uur. Dapper-en-stapper bring my 'n uur later saam met die volgende bus by die huis, met net dié ver-skil dat ek frustrasie afgestap i.p.v. opgebou het. Toe my man weer mag bestuur, tel ek die drade op presies waar ek dit by die gapende betonheining laat val het. Ek skryf in by 'n be-stuurskool. "Wanneer gaan jy vir jou lisensie?" vra almal. Ek weet nie, want ek wil nie weet nie. Wel, ek kon ook die finale hekkie nie bly ontwyk nie, en weer is D-dag op my. "Om te dink jy is banger vir die toetsterrein as vir 'n terrie", sê my vriendin. Miskien is 'n ter-roris minder van 'n bedreiging soos ek nou voel, ja. Sy's nog een wat soos seep deur die verkeer gly. Sy kan maklik praat! Ek hoop in elk geval nie om my lisensie te kry nie, maar net om die toets on-ge-skonde te oorleef- pre-sies wat toe nié gebeur nie. Die toetsterrein is onder konstruksie en ek word teen die geelpyl in na die sypad met sy ligte draai vir die tru-rymaneuver gestuur. Dit bring my van stryk. Ek stamp die randsteen. Op die hel-ling waar ek moet stop-en-wegtrek, loop die kar agteruit want ek is al-die-tyd-in-tweede-rat. Natuurlik hoor ek kort-kort van die passasierskant hoe 'n hopelose bestuurder ek is. Uit die hoek van my oog sien ek telkens hoe die toets-beampte nog 'n krui- sie op die reeds rooi telkaart trek. Ek haal nie eers probeer-parkeer nie. Gestroop maak ek weer (net omdat my man by was) 'n afspraak. Die toetsterrein word 'n maandelikse roetine. "Toemaar, my ouma het 12 keer gegaan", kom nog 'n po-ging tot aanmoediging. Tydens een van hierdie ekskursies na die toetsterrein, sien ons by die aankoms hoe 'n toets-beampte probeer om 'n swartvrou se kar aan die gang te kry. Ek word ge-roep vir die toets en ver-geet van alles om my. Op die toetsrit deur die werf nader ek 'n robot. O na-tuur-lik, darie vangrobot wat verraderlik groen is en as jy wil oorry, slaan hy rooi voordat jy kan stop en jy is jou lisensie kwyt! Ek ver-min-der spoed. Stadig, sta-dig...ek staan byna stil. Wanneer slaan die ding dan rooi!? Ek stop voor 'n groen lig! Dis agter die swartvrou van vroeër wat ek in die tou be--land-om-weer-'n-afspraak-te-maak. "Waar het jy vasgehak, ook by die 'parking'? Ai, die 'par-king'!" skerts ek. "Nee, die 'vehicle' wou nie 'start' nie." Die telkaart in haar hand is skoon. Met 'n onpad-waardige voertuig word jy nie eers getoets nie. Soos gesê, het ek lankal opgehou tel, maar ek skat dit was so by poging nommer agt, toe die pro-sedure na die toets my vreemd opval. "Jou I.D.-boekie, asseblief." Ek gaap. Hy moet mos die telkaart-kruisies met my bespreek, dan nie? Waar is die retoriese gaan-na-toonbank-nommer-twee-om-weer-'n-afspraak-te-maak? "Jou I.D.-boekie, asseblief", dié keer bietjie harder. "Ekskuus, het jy my I.D.-boekie gevra?" "Ja, dame." Ek gee dit en word na 'n ander beampte gestuur vir een of ander stempel op 'n vreemde doku-ment wat in my hand gestop is. Vanuit dié tou vang ek my man se blik buite. Ek steek my duim in die lug. Hy draai, arms-omhoog, 'n slag in die rondte van ongeloofs-vreugde. Die eerste keer dring dit tot my deur dat die knoop dalk deurgehak is. Daarna moet ek'n bedrag by 'n kassiere gaan betaal- meer as wat 'n afspraak kos. Dis ook vreemd, want vol-gens my on-der-vinding daal pryse nie, styg, ja. "Beteken dit dat ek hom gekry het?" waag ek. "Ja" knik sy. "Nou bestuur jý!" sê ek toe ek buite losbreek uit my man se om-helsing en ek stop die sleutels in sy hand. Ons ry huis toe maar die werk-likheid is ons nog voor-uit. "Vanaand word ek dronk", sê hy. "Aikôna, dis mý prerogatief vanaand, jy bestuur!" Nou het ek my rybewys, maar van nou af is ek sonder in--struk-teur, en veral sonder navigator. Koersloosheid is hoeka 'n ander swak van my. Maar, die stadsraad het mos straatkaarte. Daar-op kan ek presies vasstel hoe--veel robotte ek moet kruis voor ek links of regs draai om via Pretoria se eenrigtingstrate by my be-stem--ming uit te kom. "Eers was dit padreëls en nou swot sy die strate van Pretoria", sê my man as iemand verneem na die inter-aksie tussen sy vrou en die stuur-wiel. Toe gebeur dit weer. My man kry hewige hartkrampe. Dokter toe. Ek bestuur, maar hy is darem langs my. Die hartkateterisasie word drie dae uitgestel omdat die masjien stukkend is. Drie ge-nadige dae voordat ek alleen van die hospitaal af moet huis toe ry. Ek kan tog nie nou weer in die familie se oë kyk nie. Hulle sal sê ek het mos nou self 'n lisensie. Die volgende aand besluit die noodlot weer eens an-ders. Dis dood-sake. Hospitaal toe met nood-flikkers aan en daarna alleen, alleen huis -toe. Môre alleen deur die stad werk-hospitaal-huis toe. Vandag? My man is weer gesond, en ek? Ek is gesout in Pretoria se verkeer. Ry ek verby die oop stuk grond waar ek parkering tot op die punt van bewerasie ge-oefen het, glimlag ek vir die voor---nemende bestuurders wat 'n outomobiel tussen bakens in maneuvreer en wens hulle alle sterkte toe. Mag jy, liewe leerling, vol-gende keer tussen die paaltjies inglip en wanneer jy ver-baas na eie vernuf tussen die bakens staar, jou in-strukteur dubbel vou van die lag oor jy hard-op won-der hoe die bakens skielik so wyd uitmekaar is. Sien jy nou waarom ek sê, ek wou nie, maar ek moes?