Gedigte van Hulde Blyk HULDEBLYK AAN ESTELLE HAUPT Namens die VLU Lede van Randburg So het ons haar geken en gesien Altyd bereid ten spyte van haar swak gesondheid om haar medemens te dien Sy het ver bo haar vermoëns uitgestyg En het nooit waar sy kon help geswyg Op soveel verskillende gebiede het sy Haar plek volgestaan sonder selfverheffing of eiewaan Die welbekende glimlaggies so spontaan Met almal gedeel dit sal ons diep in ons harte verseël Met haar vrolike musiek het sy vele bedruktes opgewek En altyd 'n vriendskapshand na hul gestrek Soos 'n brose vlinder het sy tussen ons beweeg En is haar plek nou vir ewig leeg Nooit sal ons haar ooit vergeet Want te sterk was haar persoonlikheid waaraan ons haar kon meet Ons bid vir haar hele gesin Mag God troos en vrede in hul harte bring Daar het vir ons oorgebly herinneringe van suiwer goud 'n Voorbeeld van ware liefde aan jonk en oud Ons groet jou dierbare vriendin Ons het jou gewis teer bemin.