RANDBURG VLU 40 JAAR Liefdevolle Heer ons wil aan u bring al die lof en dank Dat u ons so wonderlik onderskraag het vir veertig jaar lank U het ons by die hand geneem En opgelos elke onoorkomelike probleem Wanneer ons oor ver vergange jare terugblik Is daar soveel goue herinneringe wat ons uit ons geheue pluk Heer ons wil ook hulde aan hul bring Wat saam met ons gewerk het in Randburg VLU kring Dankie vir wat hul vir ons beteken het Ons het gewis deur die jare daarop gelet As ons om ons kyk na 'n wêreld so wreed en ru Laat ons nooit vergeet hoe groot is u U deurgrond ons en ondersoek elke gedagte woord en daad U lei en voorsien ons van U goddelike raad Maak ons waardig om u kinders te wees En versterk ons elke dag deur u Heilige Gees Maak ons ook ten alle tye behulpsaam teenoor ons medemens Om daardeur uit te voer U goddelike wens Gee ons die liefde in ons harte om mekaar in nood en angs te onderskraag En laat ons nooit ons voet alleen op die ruwe pad waag Leer ons Heer om vergewensgesind te wees teenoor mekaar En gee ons genade om 'n opregte verskoning te kan aanvaar Ons strewe is kennis op elke terrein Gee dat ons ywer daarvoor nooit mag kwyn U het ons VLU Lede met soveel vaardigheid op elke gebied geseën Wil U ook in die verre toekoms U hulp en leiding aan ons verleen Mag ons nooit in onsself roem Maar altyd eerste u naam noem Verhoed dat ons die sedes en vaste beginsels van ons voorouers voor die wind strooi En daardeur die aardsvyand val ten prooi Ons dank U vir soveel hegte vriendskapsbande oor die jare heen gesmee Laat niemand ooit die diep getrapte spore daarvan uitvee Dankie Heer dat ons altyd na U kan opsien Help ons om u opreg en getrou te dien Dankie Heer vir wat ons in hierdie veertig jaar kon vermag Seën ons op hierdie vreugdevolle dag Heer, wees nou hier met ons saam Ons vra dit in U heilige naam Amen.